Wednesday, January 6, 2010

2010....

Nog 'n jaar het sy gat gesien en een van die min goed wat ek myself die jaar belowe het is om dalk weer bietjie tyd aan blogging te gee.

Dit raak net werk partykeer en werk is ietswat my nou nie aldag so lekker aanstaan nie. Self as 'n mens gaan visvang en die visse raak vir 'n oomblik mal en hou aan met byt! Fok dan is dit mos nie meer hengel nie maar wel vang. As dit so maklik was dan het ons dit vang genoem. Dan word dit werk!

Die eerste drie maande van die jaar het die kat ook nou al klaar vir my gereel. Kamp hier, vakansie soontoe, Braai daar en bietjie Sun city toe sodat die kinders in Sol se nagemaakte see kan swem. Natuurlik ek ook!

So om 'n visvang trip te beplan sam met my dronk vriende (Hulle dink net hulle is nugter) raak alhoe moeiliker. Ek dink ek het 'n beter kans om Noag se ark op te spoor.

Dan moet ons nog deur die fokken sokker kom! Wat vir 'n sport is dit dan nou in elk geval? Die beautiful game! Wat is so mooi daaraan. Ek kan nie my kop om die ronde bal kry nie.

Nou wel die jaar begin te besig!!!

1 comment:

Wreckless Euroafrican said...

Jou vis trip, die fokken sokker, en meer as helfde van die jaar het nou hulle moere gesien. Waneer gaan jy weer iet's pos man!
Mal Max!