Saturday, September 12, 2009

Die burger box


So die kat (Dit is nou die vrou want as sy weg is, is ek baas) se sy is lus vir bietjie junk kos vanaand, so geen gesonde weighless veggies, rys en vleis nie. Sy reken ons moet sommer maar iets by die Burger box gaan pik.

Nou die Burger box is een van daardie joints wat ek kan onthou, van wel, van ek KAN onthou! Die plek bestaan al donkie jare daar in Krugersdorp. Al wat ek weet van die plek is dat die ou wat die chips moet sny fokken lui is en die goed in sulke bree stroke kap. Dit is erger as die kamtige potatoe wedges crap wat party plekke probeer verkoop. Die ouens gee fokken chips!

Nou ek het 'n favorite iets wat ek by sekere plekke eet. As ek by die plek aankom weet ek al wat ek wil he. By die burger box is dit Ribs en die die moerse stukke chips. Hulle gee vir jou 'n hele rack en so halwe sak aartapels se chips. Jy moet 'n vraat wees om die lot kaf te draf. En ek probeer maar elke keer.

Sal na vanaand se 8 PM fliek seker maar die res van die leftovers gaan opheat vir 'n snack. As jy ooit eendag in Kruger se dorp is gaan probeer. Hoe goed is 'n Roadhouse wat vir jou 'n bier in jou kar kom aflaai!

Fokken Goed!

2 comments:

Divemaster GranDad said...

"Leftovers"???????????

Daar moet nooit fokken leftover ribs wees nie. Nie eers as daar 'n halwe sak aartappels daarsaam gekom het nie...

Anonymous said...

"Hoe goed is 'n Roadhouse wat vir jou 'n bier in jou kar kom aflaai!

Fokken Goed! "

Hahahaha... nie net n bier ou maat, ek het op die webpage na die menue gekyk - jy kan n brandy en Coke ook bestel..flippen hel, dis nou vir jou meorse!