Monday, September 14, 2009

Hmmmmm

Bel die president.....

Nou wat kan ek vir die ou se. Wel ek kan moan oor die feit dat my kar se shocks net 50 000 kilometer hou asgevolg van die sinkplaat, sinkgat donderse paaie waarop ek moet ry. Toe ek jonger was het plaas paaie beter gelyk as die goed waarop ons vandag moet ry.

Ek kan moan oor die feit dat my huis meer staal op het om boewe uit te probeer hou as wat gebruik was om alcatraz te bou. Saam met dit my maandleikkse paaiement om 'n ADT bord op my muur vas te kap wat se try eerder my buurman, hy het nie armed response nie.

Dalk moet ek moan oor die pispot vol geld wat ek vir die alarm betaal het om my hopelik te waarsku as iemand oor die muur gespring het.

So right kom ons bel!

BEEEEP.......Beeep......Beeeeeep....

Wat de fok!

4 Miljoen rand en die fokken ding is beset? Nou begin die multimedia in die Beemers eers sin maak. Hulle weet nie eers hoe werk 'n telefoon nie.

Wag laat ek weer probeer ( By the way - 17737 toll-free)

Beeep Beeep Beeeep

Ag fok dit!

No comments: